Suid-damme is saam 82,5% vol

Suide-damme is volgens NamWater se dambulletin tans gesamentlik 82,5 persent vol, ondanks ‘n verlies van 2,006 miljoen kubieke water wat uit die Hardapdam vir besproeiing onttrek is. Die Hardapdam is nou slegs 52,2 persent vol. Die Neckartaldam het ‘n verlies van 1,820 miljoen kubieke meter water gehad en is nou 95,1 persent vol. Die Nautedam se vlak is op 90,9 persent en die Oanobdam op 68,6 persent teenoor verlede jaar se 78,1 persent.