SA se uitvoer van sagtevrugte styg

Suid-Afrika se produsente-organisasie vir sagtevrugte, Hortgro, sê kwekers sien uit na goeie verkope terwyl Suid-Afrika se appels en pere uit die Wes-Kaap in die Verenigde Koninkryk op die mark begin kom. ‘n Woordvoerder sê die meeste steenvrugte uit Suid-Afrika is vanjaar per boot eerder as per vliegtuig uitgevoer. Suid-Afrika het vanjaar 71 persent meer pruime uitgevoer. Daar was hierdie seisoen ook ‘n toename van 29 persent in die uitvoer van nektariens en die helfte van die volume is na die Verenigde Koninkryk gestuur. Perske-uitvoere het met 22 persent gestyg.