Eskom-sage draai in Londense hof

Die Westminister-landdroshof in Londen in die Verenigde Koninkryk het bepaal die uitleweringsverhoor van die voormalige Eskom-kontrakteur, Michael Lomas, sal op 20 en 21 Desember plaasvind. Lomas is verlede maand in hegtenis geneem weens beweerde bedrog in ‘n multi-miljoen Namibiese dollar onderduimse kontrak. Vier ander Suid-Afrikaners is ook in hegtenis geneem en sal na verwagting in Junie in die hof verskyn. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Sindisiwe Seboka, sê Suid-Afrikaanse en Britse owerhede het onverpoos aan die saak gewerk.