Vermeende glyjakkals-paartjie borgtog geweier

‘n Jong paartjie wat glo vals aanlyn betalings aan Namibiese lodges in die Noordooste gemaak het, het in die Rundu-landdroshof verskyn. Die 28-jarige Nel Francois Strydom, en sy 38-jarige meisie, Christa Valencia Diergaart, is by Divundu in hegtenis geneem nadat hulle glo nie hul verblyf betaal het nie. Staatsaanklaer Helvi Gorases het borgtog teengestaan nadat die paartjie glo vals aanlyn betalings van meer as 4 000 Namibiese dollar né hul verblyf by die Divundu-gastehuis gemaak het. Hulle het ook by Kaisosi River Lodge op Rundu gebly en glo verdwyn sonder om die rekening van 6 000 Nambiese dollar betaal. Landdros Jellen Ollaiya het beveel dat hulle in aanhouding bly en weer op 12 Junie in die hof verskyn.