SA se stryd is teen korrupsie

Die waarnemende Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, sê Suid-Afrika se stryd is teen korrupsie en die gebrek aan etiek en integriteit. Gcaleka was die hoofspreker gister by ‘n seminaar met die titel Women Strengthening Democracy and Accountability in Freedom-park, Tshwane. Sy het die behoefte aan goeie regering en deursigtigheid beklemtoon en gesê sy beskou korrupsie as Suid-Afrika se grootste terugslag ná die oorgang na ‘n demokrasie: