Rusland, die Arktiese-sirkel en Navo

Rusland se vermoëns in die Arktiese-sirkel is ‘n strategiese uitdaging vir Navo. Die sekretaris-generaal Jens Stoltenberg sê Kanada se beleggings in Noord-Amerikaanse verdedigingstelsel world verwelkom. Daar is volgens hom ‘n beduidende opbou van Russiese militêre hardeware in daardie gebied. Stoltenberg het die media saam met die Kanadese premier Justin Trudeau in Cold Lake, Alberta, toegespreek.

Met Finland en Swede wat ook by Navo aansluit, sal net Rusland, uit die agt Arktiese lande, nie ‘n Navo-lid wees nie. Kanada was eers teen Navo se teenwoordigheid in die gebied gekant maar Trudeau sê die geopolitiek het verander.