Okh-plaaswerker vas vir ietermagô-vel

‘n 34-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy na bewering in besit van ‘n itermagô-vel betrap is. Die man is in die Hochveld-omgewing naby Okahandja gearresteer. Hy is ‘n plaaswerker en die droë vel is in sy huis op die plaas gevind. Hy het aan owerhede gesê hy sou die vel verkoop. Die polisie sê ‘n wenk van ‘n lid van die publiek, het tot die arrestasie gelei. Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Okahandja-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van die besit van beheerde wildproduk sonder ‘n permit. Die ondersoek duur voort. Die ietermagô is die dier wat regoor die wêreld die meeste mee onwettig handel getref word.