SA se staatsdiensvakbond gaan klagtes teen Steinhoff lê

Die Suid-Afrikaanse staatsdiensvakbond, die PSCU, sê hy gaan strafregtelike klagtes indien teen huidige en voormalige uitvoerende hoofde en raadslede van Steinhoff. Die Openbare Beleggingskorporasie se kommissie van ondersoek het bevind die korporasie het miljarde rand van die staatsdiens se pensioenfondsbeleggings deur die vennootskap verloor. Die korporasie bestuur meer as twee-duisend-miljard-rand in staatsbates en sy grootste kliënt is die Staatsdienspensioenfonds. Die vakbond sê hy sal alles in sy vermoë doen om mediums wat korrupsie huisves, moontlik maak of pleeg tot verantwoording te roep.