Dienda wil mikroskyf kaartbetalings laat hersien

Die PDM-parlementslid Elma Dienda het haar kommer uitgespreek oor die gebruik van bankkaarte se mikroskyf om betalings by die bankmasjien te maak sonder om ‘n pinnommer te gebruik. Sy sê dit spaar nie die verbruiker enige tyd nie en plaas hulle in ‘n kwesbare posisie. Met die uitfasering van tjeks, meen Dienda dat daar navorsing gedoen moes word oor hoe verbruikers oor die metode van betaling voel en of hulle enige bekommernisse is. In haar mening is kontaklose betalings, sonder enige pinnommers net nog ‘n skuiwergat vir bedrieërs en dit maak dit maklik vir  boewe om gesteelde kaarte te gebruik.