Drie vermeende bedrieërs weer vandag in die hof

Twee werkers in die onderwysministerie, sowel as ’n sakeman sal vandag weer in die hof verskyn in verband met ‘n bedrogspul ter waarde van ten minste 1,5 miljoen Namibiese dollar. Kornelius Willemse en Veronica Goagoses het saamgesweer met sakeman Desmond Kays oor die aflewering van twee afrolmasjiene. Goagoses het blykbaar die betaling vooruit gedoen sonder dat die masjiene ooit afgelewer was. Kays van SSIT Trading Enterprises het ook maandeliks fakture aan die ministerie gestuur vir die masjiene, wat nooit afgelewer is nie. Die bedrogspul het reeds in 2018 begin. Die Teenkorrupsie-kommissie se woordvoerder Josephine Nghituwamata het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.