SA se Posbank-voorstelle probeer vereistes van banklisensies vermy – DA

Die DA versoek ‘n risiko-evaluering oor die uitwerking van die nuwe Wysigingswetsontwerp op die Posbank. Die belangrikste finansiële gevolge van die wetsontwerp sal na verwagting in die vorm van ‘n nuwe direksie, uitvoerende hoof, hoof finansiële beampte en bykomende poste en komitees wees. Die DA-lid, Dianne Kohler Barnard, sê die wetsontwerp is slegs ‘n strategie om die streng regulasies wat vir ‘n banklisensie vereis word, te vermy. Volgens Barnard moet die wetsontwerp uitgestel word tot die evaluering gedoen is: