Kandjoze sê Amupanda manipuleer die feite

Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie Obeth Kandjoze sê in ‘n verklaring dat die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda feite oor die onderhandelings tussen die Duitse maatskappy Hyphen en die regering, manipuleer. Hyphen sal die land se groen-waterstof program aandryf. Amupanda het onlangs verskeie aantygings oor die onderhandelings met die Duitse groen-waterstof reus gemaak, en sê die regering verkoop die land uit aan buitelanders. Hy het die staat tot 27 Oktober gegee om die onderhandelings bekend te maak. Kandjoze sê die span wat tans aan die onderhandelings deelneem sluit verskeie beroepe in en daar is 24 lede. Hy sê dit is die volledigste onderhandelingspan wat die regering nog ooit saamgestel het. Volgens Kandjoze onderhandel die span nog en geen besluite is geneem nie maar, hy voeg by dat Amupanda se aantygings nie net ongegrond is nie maar manipuleer ook die feite om sensasie te skep.