Demokrate trek brief aan Biden oor Oekraïne terug

‘n Groep linkse Demokrate in die Amerikaanse kongres het ‘n brief teruggetrek waarin President Joe Biden aangemoedig word om met Rusland te onderhandel oor sy oorlog in Oekraïne. Die progressiewe koukus sê die brief is maande gelede opgestel en personeel het dit sonder goedkeuring uitgestuur. In die brief word voorgestel Biden ondersoek aansporings, insluitend die verligting van sommige sanksies teen Rusland, om die konflik op te los. Die Withuis sê diplomasie is slegs moontlik indien albei kante bereid is om te onderhandel, maar dis nie tans die geval nie.