SA se paspoorte word toenemend misbruik

Ongedokumenteerde buitelanders misbruik Suid-Afrikaanse paspoorte al meer en sommige van hulle het die land onwettig binnegekom. Dit is volgens die buurland se minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, wat die Nasionale Raad van Provinsies toegespreek het waar hy uitgevra is oor beter sekerheid vir Suid-Afrikaanse paspoorte. Motsoaledi het die raad meegedeel dat paspoorte nou net geaktiveer kan word nadat vingerafdrukke nagegaan is.