FBI se verklaring bekend gemaak

Die Amerikaanse departement van justisie het onthul dat hy voormalige president Donald Trump ondersoek vir die verwydering van rekords van die Withuis. Die departement het ‘n sterk geredigeerde beëdigde verklaring vrygestel wat die FBI se buitengewone soektog op 8 Augustus na Trump se Florida-woning ondersteun het. Agente het daar beslag gelê het op 11 stelle geklassifiseerde rekords, insluitend sommige wat as “hoogs geheim” bestempel word. In die beëdigde verklaring sê ‘n ongeïdentifiseerde FBI-agent die agentskap het 184 dokumente “met klassifikasiemerke” wat “nasionale verdedigingsinligting” bevat, hersien en geïdentifiseer nadat Trump in Januarie 15 bokse regeringsrekords teruggestuur het.