SA se padvragvereniging sê daling in dieselprys sal verwelkom word

Die Padvragvereniging in Suid-Afrika sê enige daling in die brandstofprys sal ‘n geweldig positiewe uitwerking hê op vervoerkoste en voorsieningskettings. Data van die Sentrale Energiefonds dui op ‘n daling van twee-rand-35-sent per liter vir 95-oktaan loodvrye petrol, en twee-rand-18-sent vir 93-oktaan. Diesel en paraffien kan ook meer as ‘n rand goedkoper word. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly, sê daar sal vanselfsprekend ‘n groter positiewe uitwerking wees op vragvervoer indien die dieselprys net so dramaties soos dié van petrol sal daal: