Gasprys sal verder in Europa styg

Ontleders verwag die gasprys gaan vandeesweek nog verder styg nadat Rusland gesê het een van die hoofpypleidings na Europa, die Nord Stream One-pypleiding, gaan onbepaald gesluit word. Dis weens ‘n fout wat tydens onderhoudswerk ontdek is. Gaspryse het die afgelope jaar met sowat  400 persent gestyg weens ‘n verlaagde invloei uit Moskou. Die pypleiding het sowat een-derde van die gas van Rusland na Europa vervoer. Europese leiers het Moskou daarvan beskuldig dat hy gas as wapen gebruik rondom die inval in die Oekraïne.