Duitsers bly belangrikste mark vir Namibiese toerisme

Die Namibiese toerismesektor groei teen ‘n baie goeie tempo sedert dit deur die Covid-pandemie tot stilstand gebring is. Die meeste buitelandse toeriste wat na Namibië reis, kom steeds vanaf Duitsland. Nathaly Ahrens van die Toer- en Safari-vereniging van Namibië, Tasa, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe belangrik die Duitse toeristemark vir Namibië is.