SA se maskers waai ook, maar net buite

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is nou gereed vir ‘n nuwe fase in die bestuur van die Covid-19-pandemie. Hy sê die benadering vorentoe is dat beide binnenshuise- en buitelokale nou tot 50 persent van hul kapasiteit kan vul, maar met bewys van inenting of ‘n Covid-19-toets wat nie ouer as 72-uur is nie as kriteria. Ramaphosa sê die aantal mense by ‘n begrafnis word van 100 tot 200 verhoog. Hy voeg by van vandag af is dit nie meer ‘n vereiste om ‘n masker buitenshuis te dra nie:

Ramaphosa sê die regering beoog om die nasionale ramptoestand op te hef sodra die openbare kommentaar op voorgestelde regulasies afgehandel is: