Christiaan weer aangestel as waarnemende hoërhofregter

Die Regterlike Dienskommissie sê President Hage Geingob het Philanda Christiaan as waarnemende hoërhofregter aangestel. Christiaan sal vanaf 1 September tot 9 Desember vanjaar in die pos dien. Sy was sedert 2007 ‘n landdros en het ook as waarnemende regter in die hoërhof laat in 2016 en weer vroeg in 2017 gedien.