SA se mango-oes gaan 15% kleiner wees

Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mango-kwekersvereniging, Pieter Buys, sê vanjaar se kommersiële mango-oes gaan 15 persent kleiner wees as verlede jaar s’n. Hy sê informele mangoboere wat nie besproei nie, se oes kan meer as 20 persent laer wees. Buys sê dit was ‘n vreemde jaar vir mango’s omdat die blomtyd oneweredig en oor ‘n lang tydperk versprei was. Die gevolg is dat daar nie goeie bestuiwing plaasgevind het nie. Verlede jaar is 75 000 ton mango’s geoes.