Nasa stuur dalk eers 2026 weer mense Maan toe

Nasa het verlede week sy plan om mense weer na die Maan te stuur van 2024 tot 2025 uitgestel, maar ‘n regeringsoudit toon dit sal op die vroegste in 2026 gebeur, berig internasionale nuusagentskappe. Die Artemis-program ondervind tegniese probleme en die Covid-pandemie het ook ‘n impak.