Immigrasiewette in Suid-Afrika in die kollig

Wette wat verband hou met immigrante wat Suid-Afrika binnekom en verlaat is opnuut in die kollig ná ‘n erkenning deur die vermeende reeksverkragter, Themba Dube. Hy het gister aan die Seshego landdroshof in Limpopo gesê hy is onwettig in die land. Agt mense is Vrydag in hegtenis geneem weens immigrasie-korrupsie by die Lebombo-grenspos. Die hoof van die Afrika Diaspora-forum, Vusi Sibanda, het gesê dit kan lei tot geweld teen buitelandse burgers.

Sibanda sê immigrasiewette moet kyk na die belangrikste faktore wat onwettige immigrasie beïnvloed.