SA se kernreguleerder moet meer deursigtig wees

Omgewingsaktiviste van Suid-Afrikaanse Project90by2030 en ander vennote hou vandag ‘n vreedsame protesoptog buite die kantoor van die Nasionale Kernreguleerder in Kaapstad. As deel van die optog sal ‘n memorandum deur verskeie geloofsgemeenskappe, organisasies sonder winsoogmerk, en gemeenskapsorganisasies aan ‘n verteenwoordiger van die reguleerder oorhandig word. ‘n Woordvoerder van die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe se Omgewingsinstituut, Francesca de Gasparis, sê meer deursigtigheid is nodig: