Olifant-konflik kos N$3m

Die Namibiese omgewingsministerie sê hy het sedert 2019 net minder as 3 miljoen Namibiese dollar uitbetaal aan boere wat ly onder konflik met olifante. Volgens die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, is meeste van die vergoeding vir skade aan landerye. Hy voeg by dat 90 persent van alle vergoeding vir skade aan landerye in die land, deur olifante veroorsaak word. Owerhede het geen keuse as om die getalle van olifante te verminder nie, veral om habitat te beskerm. Olifantgetalle is rondom 24 000 in 2019 beraam.