SA se ekonomiese vooruitsigte lyk nie goed nie – minister

Die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana sê die buurland se groeivooruitsigte is nie indrukwekkend nie. Hy voorspel die ekonomie het in 2022 met minder as die verwagte 1,6 persent gegroei. Godongwana was die spreker by ʼn sakevoorligtingsessie voor sy vertrek na die Wêreld Ekonomiese Forum in Switserland en sê die regering moet voorrang daaraan gee om beleggersvertroue te herbou en om beleggings te mobiliseer. Volgens hom is die verslegtende kragkrisis van kritieke belang. Godongwana is deel van ʼn afvaardiging onder leiding van President Cyril Ramaphosa wat wêreldleiers volgende week in Davos sal ontmoet, met vanjaar se tema: “Samewerking in ʼn Gefragmenteerde Wêreld”.