Japan wil ‘n metrieke ton Fukushima-water in see vrylaat

Die Japannese regering het sê hy sal tussen Maart en Junie vanjaar 1 miljoen metrieke ton besmette water uit Fukushima, die kernkragsentrale wat deur ‘n tsoenami in 2011 verwoes is, in die Stille Oseaan vrylaat. Die water, wat tans in tenks op die terrein van die verwoeste aanleg in Japan se noordooste gestoor word, sal behandel word voor vrylating, maar die aankondiging word veroordeel deur buurlande, Stille Oseaan-nasies en plaaslike vissersgemeenskappe wat vrees dat dit hul lewensbestaan sal beïnvloed. Die water, gelykstaande aan sowat 500 swembaddens van Olimpiese grootte, word gefiltreer om skadelike isotope te verwyder. Dit sal ook verdun word om aan internasionale standaarde te voldoen voor enige vrylating in die see. Maar, die water sal steeds verskeie isotope, wat moeilik van waterstof geskei word, bevat. Wetenskaplikes sê meer data is nodig voor enige vrylating gedoen word.