Telecom sny weer dienste af op onbetaalde rekenings

Telecom Namibia het weer uitdagings met onbetaalde rekenings. Die maatskappy het te kenne gegee dat dienste aan alle onbetaalde rekenings môre opgeskort sal word. Die aankondiging volg na die maatskappy in Mei verlede jaar ook dienste opgeskort het weens uitstaande skuld. Die maatskappy het nie bekend gemaak hoeveel hy geskuld word nie en ook nie gesê hoeveel, en watter kliënte, geraak sal word nie. Hy het ook sy kliënte gemaan om korrekte inligting op betalings te verskaf, wat die rekeningnommer insluit. Die aankondiging het hewige kritiek op sosiale media uitgelok met verbruikers wat meen die maatskappy moet sy kliënte, veral in Januarie, oorsien.