SA se ekonomie krimp in tweede kwartaal

Statistikus-generaal Risenga Maluleka sê Suid-Afrika se ekonomie het in die tweede kwartaal van vanjaar met 0,7 persent ingekrimp na twee agtereenvolgende kwartale van positiewe groei. Die verwoestende oorstromings in KwaZulu-Natal en beurtkrag het bygedra tot die agteruitgang, wat die brose ekonomie weer laat verswak het nadat dit pas herstel het tot die vlakke van voor die pandemie. Maluleka sê die landbou-bedryf het in die tweede kwartaal met 7,7 persent afgeneem, en mynbou en die steengroef-bedryf met 3,5 persent.