China gaan sy ruimtevaarte vanaf Namibië monitor

China is tans besig om ‘n digitale satellietontvanger-stasie aan die buitewyke van Windhoek te bou. Die chargé d’affaires van die Chinese ambassade in Namibië, Yang Jun, het vandag die aangekondig gemaak. Hy sê Namibië het ook ‘n telemetrie-, opsporings- en bevelstasie op Swakopmund gefasiliteer om Chinese ruimtevaartuie te monitor.