SA se eerste speaker in 1994 vier 90ste verjaardag

Die Suid-Afrikaanse parlement se voorsittende beamptes het goeie wense gestuur aan die struggle-staatmaker Frene Ginwala wat vandag haar 90ste verjaarsdag vier. Ginwala was in 1994 die eerste speaker van ‘n demokratiese Suid-Afrika na apartheid. Die woordvoerder van die parlement, Moloto Mothapo, sê Ginwala het ‘n groot rol gespeel in die ANC-regering met haar vreeslose aktivisme teen apartheid. Mothapo sê Ginwala was een van die kragtigste en invloedrykste rewolusionêre stemme tydens ballingskap.