SA se brandstofprys daal meer as Namibië s’n

Die Suid-Afrikaanse regering het ‘n verlaging van twee Suid-Afrikaanse rand 4 sent in die prys van albei grade petrol van middernag môrenag aangekondig. Diesel sal Woensdag tussen 46 en 56 sent per liter goedkoper wees, terwyl die prys van vloeibare gas met een rand 65 sent per kilogram daal. Die departement minerale bronne en energie sê dit is te danke aan die daling in internasionale produkpryse tydens die hersieningsperiode, sowel as die rand se versterking teenoor die Amerikaanse dollar. In Namibië is vandag ook ‘n daling van die brandstof aangekondig.