Mosie van wantroue kom teen Jozi-burgemeester

Verskeie opposisiepartye in die Stad Johannesburg het bevestig hulle gaan Woensdag ‘n mosie van wantroue instel teen die stad se burgemeester, Mpho Phalatse. Die partye sluit in Cope, die PAC, die ATM, die AIC, Good en Al Jamah. Hulle beskuldig Phalatse daarvan dat sy met die voormalige speaker, Vasco da Gama, saamsweer om verslae te verswyg en sekere individue te beskerm. Al Jamah se Gautengse voorsitter, Thapelo Amad, sê Phalatse het versuim om die stad se inwoners te dien.