Aandele vir Savanna Beef Processors kan nog tot Vrydag verkry word

Tot dusver is meer as 640 produsente-aansoeke vir aandele in Savanna Beef Processors ontvang, wat ‘n totaal van 163,7 miljoen Namibiese dollar aandele is. Dit volg nadat 93 nuwe aansoeke in die tweede plasing ontvang is vir ‘n totaal van 17,734 miljoen dollar. Die teiken is 200 miljoen dollar om ‘n nuwe verslagtings-aanleg op die been bring wat waarde toevoeg aan plaaslike beesvleis voor dit uitgevoer word. Daar is nog net vyf dae oor vir van hierdie tweede plasing slegs vir produsente, wat op Vrydag 9 September sluit. Enige navrae oor aandele kan aan Cirrus Capital in Windhoek gerig word.