SA se beesboere sal na Saoedi vleis uitvoer na Cyril besoek

Die Suid-Afrikaanse Rooivleis-produsente-organisasie het die ooreenkoms tussen Suid-Afrika en Saoedi-Arabië verwelkom om van volgende jaar jaarliks tussen 500 en 1 000 ton rooivleis na die land uit te voer. Die ooreenkoms is verlede week onderteken tydens President Cyril Ramaphosa se staatsbesoek aan die land. Die organisasie se uitvoerende hoof, Gerhard Schutte, sê die goeie nuus is dat Suid-Afrika nou rooivleis na 25 lande uitvoer, nadat die land drie jaar gelede al sy uitvoermarkte verloor het weens die uitbreking van bek-en-klouseer.