Duitse gesin in gru-ongeluk naby Solitaire

‘n Duitse gesin van vyf word tans van Solitaire na die Cottage-hospitaal op Swakopmund afgevoer nadat die voertuig waarin hulle gery het, by die Gaubpas-brug teen die syversperrings op die C14 gebots het. Die gesin, ‘n man van 58 en sy vrou, 51, met hul tienerkinders is vanaf die ongelukstoneel deur ‘n verbyganger na Solitaire vervoer, waar ‘n verpleegster van die Sesriem-kliniek hulle gestabiliseer terwyl hulle gewag het op ‘n ambulans. Die kliniek het die pasiënte aan die Namibian Marshal Rangers se Ambu919-nooddienste oorhandig wat tans die pasiënte na ‘n hospitaal in Swakopmund vervoer.