SA se BBP: Inkrimping deur verskeie faktore veroorsaak

Die ANC-regering sê hy is bekommerd oor die bruto binnelandse produk wat in die tweede kwartaal met 0,7 persent afgeneem het ná twee opeenvolgende kwartale van positiewe groei. Dis egter belangrik om die omstandighede van die tweede kwartaal in perspektief te plaas aangesien verskeie faktore ‘n invloed op hierdie tydperk gehad het. Tersia Jacobs, ‘n ekonoom van Investec in die buurland sê verskeie faktore het ‘n rol gespeel.