EU skort visumooreenkoms met Rusland op

Die Europese Kommissie het ‘n voorstel aanvaar om die Europese Unie se Visum-fasiliteringsooreenkoms met Rusland in geheel op te skort. Volgens die ooreenkoms het Rusland 15 jaar lank ‘n gestroomlynde proses geniet om EU-visums te kry. Meer as een-miljoen Russe het sedert die inval in Oekraïne in Februarie na EU-lande gereis. Volgens die woordvoerder van die kommissie, Ylva Johansson, behoort Russe nie maklike toegang tot die EU te kry nie: