SA sal waterstofenergie uitvoer na vasteland

President Cyril Ramaphosa sê die Noord-Kaap sal Suid-Afrika se waterstofenergie-tuiste en -basis wees. Die president het tydens ‘n besoek aan die bouterrein van ‘n sonkrag-aanleg naby Upington gesê die verwagte voltooiing van die aanleg teen 2024, sal daartoe lei dat Suid-Afrika groen waterstof-energie na Afrika kan uitvoer. Ramaphosa sê die bouwerk is moontlik gemaak deur ‘n beleggingsooreenkoms met die Saoedi-Arabiese maatskappy, Aqua Power. Hy sê die groen-energie-oorgang sal ongeveer 100 megawatt energie lewer: