Musk beplan glo om 75% van Twitter-werkers te laat gaan

Die miljardêr, Elon Musk, beplan glo om Twitter se werksmag met 75-persent te besnoei wanneer hy die sosialemediamaatskappy oorneem. Volgens Amerikaanse media sal dit Twitter se bestaande diensstaat tot 2 000 verminder, vergeleke met die huidige 7 500 werknemers. Intussen is daar volgens ʼn interne memo wat by Twitter die ronde doen, geen planne om afleggings by die maatskappy te doen nie. Musk se oorname van die sosialemediamaatskappy sal volgens berigte teen aanstaande Vrydag afgehandel wees.