SA-rybewys weer in die nuus

AfriForum sê hy sal voortgaan met regsoptrede teen die vyfjaar-hernuwingstydperk van rybewyskaarte. Dit ten spyte daarvan dat die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, blykbaar gesê het die tydperk gaan moontlik tot 10-jaar verleng word. AfriForum se woordvoerder, Reiner Duvenage, sê sy regsoptrede is daarop gemik om ‘n hofbevel te kry wat die hernuwingsperiode van elke vyf-jaar as onredelik, arbitrêr en vaag beskryf: