NSFAF sal laaste belatings in September maak

Plaaslike berigte lui dat die Namibiese studente-hulpfonds sy volgende betaling van studiefooie teen September maak. Die fonds het meer as 17 000 studente op sy boeke vanjaar. Studente by verskeie tersiêre instellings regoor die land het onlangs gekla oor die vertraging in betaling, en veral internasionale studente het groot uitdagings daarmee. Studente kan normaalweg nie eksamens skryf as alle fooie nie betaal is nie. Tot op hede is 886 miljoen, of 76 persent van die totale fooie vir die jaar, reeds uitbetaal. Die fonds sê dat betalings gemaak sal word mits studente se kontrakte geteken is en fakture is deur die instellings ingedien.