SA Rugby sê 2 000 ingeënte toeskouers toegelat

SA Rugby sê ‘n maksimum van 2 000 ten volle ingeënte toeskouers sal toegelaat word om na stadions terug te keer. Dit sluit egter nie skoolwedstryde in nie. Die hoofbestuurder van SA Rugby, Jurie Roux, sê ondersteuners was 19 maande laas in ‘n rugbystadion en hierdie lig aan die einde van die tonnel is werklik nodig. Die eerste senior professionele wedstryd waar toeskouers toegelaat sal word, is die Kampioenskap-wedstryd volgende maand teen Kenia.