Klimaat: selfs Buckingham kan omring word met water

Vooruitskattings oor klimaatsverandering toon wêreldbekende plekke soos Buckingham-paleis, die Toring van Londen en die Burj Khalifa-gebou in Dubai, omring met water. Die Lincoln-gedenkteken in Washington DC en die Plaza de Espana in Sevilla, Spanje, is ook op die lys wat deur die omgewingsgroep Climate Central opgestel het. Die groep sê aardverwarming van slegs drie grade Celsius kan daartoe lei dat ongeveer tien persent van die wêreld se bevolking deur ‘n stygende hoogwaterlyn geraak word. Die enigste manier om dit te voorkom is om koolstof-uitstralings dadelik en drasties te verminder.