Totale verslapping van maatreëls onmoontlik – nie genoeg is geënt nie

Covid-gevalle daal steeds en die huidige maatreëls verval om middernag Vrydagnag en President Hage Geingob sal na verwagting nuwe maatreëls aankondig. Die uitvoerende voorsitter van die Ohlthaver en List-groep, Sven Thieme sê die land kan nie maatreëls verslap soos dit in Europese lande gedoen is nie, omdat nie genoeg mense ingeënt is nie.