SA Rugby neem aksie oor doodsdreigement
Rugby: Die Suid-Afrikaanse beheerliggaam is besig met stappe oor die doodsdreigement wat aan die Springbok-skrumskakel, Cobus Reinach, gerig is nadat Suid-Afrika die gashere, Frankryk, in die Wêreldbeker-kwarteindstryd uitgeskakel het. ʼn Franse ondersteuner het op sosiale media geskryf hy hoop Reinach word vermoor wanneer hy na sy Franse klub, Montpellier, terugkeer want dis maklik om ʼn titel te wen wanneer jy kul. Die waarnemende uitvoerende hoof van SA Rugby, Rian Oberholzer, sê hulle eskaleer die aangeleentheid en beskou die voorval as ongelukkig en afstootlik.