SA rou 10 dae vir Kaunda, Zambië, 21

President Cyril Ramaphosa het tien dae van rou afgekondig om hulde te bring aan die ontslape voormalige Zambiese president, Kenneth Kaunda. Vlae by alle vlagstasies sal halfstok hang. Ramaphosa sê Kaunda het sy 97 jaar aan die bevryding en diens aan die mense van Zambië gewei. Hy sê Kaunda het Suid-Afrikaners ondersteun toe hulle dit die nodigste gehad het. Ramaphosa voeg by dat Kaunda ‘n pionier en kampvegter was om Afrika te dekoloniseer, verenig en vooruit te laat gaan. Zambië sal vir 21 dae rou.