Kim Jong-un: berei vir alles voor met Biden-administrasie

Noord-Korea se leier Kim Jong-un sê sy land moet gereed wees vir dialoog én konfrontasie met Amerika. Internasionale media berig dit is die eerste keer dat Kim regstreeks kommentaar lewer op President Joe Biden se administrasie. Noord-Korea het vroeër die nuwe Amerikaanse regering se pogings om diplomatieke kommunikasie te bewerkstellig, afgejak. Kim het ‘n vergadering van senior leiers in Pyongyang toegespreek.