SA rooibos pryk in nuwe Avatar-fliek

Tokyo se Disney-oord vier hierdie week die vrystelling van die mega-wetenskapfiksiefliek, Avatar: The Way of Water, in rolprentteaters. Die hoogtepunt sluit in die bekendstelling van ‘n eksotiese gegeurde drankie wat Suid-Afrikaanse rooibos bevat. Die besondere drankie, geïnspireer deur die oseane en woude van Pandora, is ‘n mengsel van rooibosjellie, vlierblom en grenadellastroop, met gebreekte kakaobone. Die woordvoerder van die SA Rooibosraad, Adéle du Toit, sê dit is ‘n eer vir rooibos om as een van die spesiale bestanddele gekies te word.