Gure weer heers in KwaZulu-Natal

Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake in KwaZulu-Natal vra inwoners om uiters versigtig te wees aangesien gure weerstoestande steeds in groot dele van die provinsie heers. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens se mees onlangse waarskuwing verwag vandag se reën in die suidelike dele van die provinsie kan moontlik tot probleme lei. Hierdie reën kan moontlike plaaslike oorstromings in laagliggende gebiede veroorsaak, veral nedersettings wat vatbaar is vir vloede, asook paaie en brûe. Die woordvoerder van die departement, Nonala Ndlovu, sê daar is tot dusver geen ernstige voorvalle aangemeld nie.